| ||||
’n Kaart van die Antieke Nabye-Ooste tydens die Amarna-tydperk (14de eeu v.C.). Dit wys die grootste magte van die tyd: Egipte (oranje), Hatti (blou), die Kassitiese Babilon (swart), Assirië (geel) en Mitanni (bruin). | ||||
Hoofstad | Assur | |||
Taal/Tale | Akkadies | |||
Regering | Monargie | |||
Koning | ||||
- 1365–1330 v.C. | Assur-uballit I (eerste) | |||
- 967–934 v.C. | Tiglath-Pileser II (laaste) | |||
Historiese tydperk | Mesopotamië | |||
- Gevestig | 1392 v.C. | |||
- Onafhanklikheid van Mitanni | 1392 v.C. | |||
- Bewind van Assur-dan II | 934 v.C. | |||
- Ontbind | 934 v.C. |
Die Middel-Assiriese Ryk was ’n tydperk in die geskiedenis van Assirië van 1365 tot 1056 v.C.. Dit het ontstaan ná die agteruitgang van die Oud-Assiriese Ryk toe groot konings weer oor die land geheers het, soos Assur-uballit I, Arik-den-ili, Tukulti-Ninurta I en Tiglath-Pileser I. In dié tyd het Assirië die Mitanniese Ryk omvergewerp en die Hetitiese Ryk, Antieke Egipte, Babilonië, Elam en Frigië in die Nabye-Ooste oorskadu.
Hoewel die begin van die Middel-Assiriese Ryk gewoonlik aangedui word as óf die einde van die Oud-Assiriese koninkryk van Shamshi-Adad I óf die troonbestyging van Assur-uballit I, is dit waarskynlik gestig deur Tiglath-Pileser I (1115–1077 v.C.), wat een van die grootste Assiriese veroweraars geword het.